Friday, January 15, 2010

Hoe kan jy toekyk terwyl BEN10 jou kind se gedagtes verkrag???

Wanneer jy na die onderwerp massa breinspoeling ("Mind Control") gaan kyk sal jy vind dat die magtigste wapen vir so ‘n grootskaalse breinspoeling niks anders as die TV is nie. Indien jy jou kind toelaat om TV te kyk kan jy beslis weet dat dit die oortreffende faktor sal wees wat ‘n direkte invloed op daardie kind se gedagtegang sal hê. TV kyk, is sekerlik die mees ontspanne aktiwiteit wat daar kan wees. Een oomblik is jy honderde kilometers onder die see en duik jy saam met die beste diepseeduikers rond en die volgende oomblik klim jy die hoogste bergtop uit.


Daar is ook nie enige middel wat jou emosies so kan beïnvloed soos die TV nie. Een oomblik huil jy en is hartseer die ander oomblik lag jy of kou jou naels van angs. Dis het die TV nie net die vermoëns om jou te laat ontspan nie maar ook om jou emosies te beïnvloed en te beheer. Dis geen wonder dat die mense so maklik voor die TV aan die slaap kan raak nie.

Nie net het die TV die vermoëns om jou te laat ontspan en jou emosies te manipuleer nie, maar daar is ook ‘n ander groot feit wat meeste mense miskyk en dit is dat wanneer die mens iets deur sy oë of ore ingeneem het, hy dit nie kan terugneem nie. Dis te laat vir jou om te wil terugneem wanneer jy iets gehoor of gesien het wat jou ontstel en al sit jy die TV dan af, help dit niks. Dis soos die man wat 180km jaag en dan wanneer die verkeers kamera hom geflits het 120km wil ry. Alhoewel dit goed is dat hy nou die verkeerswet gehoorsaam sal dit nie die vervolging wat reeds geneem is terug draai nie.


Dan het die TV ook die vermoë om jou te kondisioneer sodat jy nie eens meer sal besef wanneer iets gebeur wat nie jou goedkeuring wegdra nie. Dis hoekom mense nie eens meer agterkom wanneer hulle GOD se naam ydellik gebruik nie. As jy glo dat jy ‘n ware Christen is, wil ek jou net een vraag vra. Wanneer het GOD vir jou gesê jy moet ‘n TV in jou huis inbring??
 TV kyk bring jou in ‘n staat wat grens aan hipnose en dan belaai dit jou onderbewus sonder dat jy enige keuses kan uitoefen daarop. Dit maak jou magteloos en beroof jou van die vermoë om te onderskei.


Jare terug toe In-Ry teaters nog gewild was, het hulle ‘n studie gedoen wat bewys het dat een klein prentjie wat jy nie eens met jou bloot oog kan sien nie jou kan beïnvloed om coke te koop en dis vandag nog die metode waarmee daar coke en popcorn by film teaters verkoop word.


Nou kom my vraag: Hoe kan jy as ouer toekyk hoe dat BEN10 jou kind se gedagte met okkultisme en satanisme verkrag en jy moedig dit nog aan deur vir hom BEN-10 slaapklere te koop? Het jy al ooit een keer saam met hom na hierdie gemors gekyk en wil jy regtig eerlik met jouself sê dat dit ‘n onskuldige tekenprent is?? As dit jou reaksie is ken jy nie jou Bybel nie, (as jy een het) en weet jy niks en is jy naïef om ‘n kind se gedagtes met hierdie diaboliese mag te konfronteer en hom of haar nie te beskerm nie! As jy jou kind toelaat om BEN10 te kyk kan jy net sowel vir hom ook ‘n swaard koop dat hy eendag sy maatjie se kop kan afkap by die skool!!


Net soos wat Walt Disney wat ‘n pedofiel was maar omdat hy Hollywood se Kinder tekenprent magnaat was dit verskoon is, miljoene kinders gebreinspoel het en dus ‘n direkte invloed op die tienerswangerskappe, aborsies en seksuele aktiewetyte onder kinders wat nog nie eens behoorlik kan lees en skryf nie, gehad het, is hierdie BEN10 en soortgelyke tekenprente besig om jou kind met ‘n diaboliese demoniese mag te konfronteer en ek daag jou uit om dit teen te staan. Slaan die TV stikkend en gooi hom weg. Dis beter om sonder ‘n TV deur die lewe te gaan as om ‘n ewigheid in die hel te brand.


As jy nie kan besef dat die TV een van satan se magtigste wapens in hierdie post modern tyd waarin ons lewe is nie, vrees ek vir jou en verwonder my dat mens so naïef kan wees!


Gee ag en jy mag dalk jou kind se lewe red!

OF IS 7de LAAN OOK JOU god????


No comments:

Post a Comment