Tuesday, January 12, 2010

Jer. 6:10 To whom shall I speak, and give warning


(Jer 6:10) To whom shall I speak, and give warning, that they may hear? behold, their ear is uncircumcised, and they cannot hearken: behold, the word of the LORD is unto them a reproach; they have no delight in it.
(Jer 6:10) Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle ‘n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

(Esg 33:5) He heard the sound of the trumpet, and took not warning; his blood shall be upon him. But he that taketh warning shall deliver his soul.
(Esg 33:5) Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.

Hierdie man, sien ek Saterdag en Sondag deur die strate van Kroonstad wandel. WOW wat ‘n roering het dit nie in my hart gebring nie. Die HERE se oordeel het oor hierdie land gekom (oor die wêreld ook) en hierdie bordtjie wat hierdie man dra sal honderde Kroonstad’ers en my en nou vir jou ook oordeel eendag. Wat gaan jy sê??? Wat sal die antwoord wees wanneer GOD in al sy grootheid vir my en jou vra hoekom het jy jou nie tot HOM bekeer nie??? Wat gaan jy sê? Mense sal glo hulle gaan eendag hemel toe en saam met die HERE Jesus regeer, maar hulle kan nie eens twee minute vandag in sy teenwoordigheid spandeer nie. Hoe bluf jy jouself as jy dink jy gaan ‘n ewigheid in GOD se teenwoordigheid wees, maar jy kannie vandag vir ‘n halfuur sit en na sy woord luister nie. Dit feit is dat as jy nie met alle êrens vandag kan besef dat GOD se oordele oor hierdie wêreld van vandag gekom het nie, het ek slegte nuus vir jou. JY GAAN DIT NIE MAAK NIE!!! Jy kan maar stry en baklei en verskonings maak soos jy wil. Maar die ware feit is dat jy geen gemeenskap met GOD het en nie wie en wat HY is nie. Want as jy in jou binne kamer in GOD se was sal die eerste ding wat jy besef het wees dat GOD besig is om sy kinders van hierdie wêreld af los te maak. Maklike toetsie vir jou! Is jy lief vir die dinge van hierdie wêreld en wil jy nie hê GOD moet nou kom nie?? Haat die wêreld jou??

Weet jy wat: 1Jo 3:13-14
(13) Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie.
(14) Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

As die wêreld jou nie haat nie is dit nie dalk omdat jy nog deel van die wêreld is nie?? Is jy weergebore?? Indien nie kan ek jou belowe op GOD se woord, jy gaan dit nie maak nie.

Joh 3:3-6
(3) Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
(4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
(5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
(6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.


Hierdie man se boodskap is ‘n oordeel vir hulle wat nie ag geen nie, maar vir die kinders van GOD is dit die mees wonderlikste belofte.

No comments:

Post a Comment